Noag in Islam

Nūḥ
نوح
Noag
Islamitiese profeet
Die naam Nûḥ in Islamitiese kalligrafie, gevolg deur "vrede vir hom".
Die naam Nûḥ in Islamitiese kalligrafie,
gevolg deur "vrede vir hom".
Ander name  Nûḥ ibn Lamech ibn Methuselah
Gebore  Mesopotamië
Oorlede  Op 950 jaar
Laaste rusplek  Graftombe van Noag
Bekend vir  Noag se ark
Opvolger  Sem
Familie
Kinders  Sem, Gam, Jafet en nog ’n seun volgens die Koran

Nûḥ ibn Lamech ibn Methuselah (Arabies: نوح Nūḥ), bekend as Noag in die Ou Testament, word in Islam beskou as ’n profeet van Allah. Hy is ’n baie belangrike persoon in die Islamitiese tradisie omdat hy een van die eerste profete is wat Allah aan die mens gestuur het.[1]

Noag se sending was om ’n bose wêreld te red wat in sonde verval het. Hy moes vir die mense preek dat hulle afgodery moes los en die Een God moes aanbid.[2] Hulle wou egter nie na Noag luister nie en eindelik het hy opdrag gekry om die ark te bou voor die Sondvloed waarin al die sondige mense dood is – ook Noag se vierde seun (sonder naam) wat in die Koran genoem word.[nota 1]

Noag was 950 toe hy sterf.[3] Daar is ’n hele soera in die Koran wat aan hom gewy en na hom genoem is.[4]

  1. Stories of the Prophets, Ibn Kathir, Noah
  2. Lalljee, compiled by Yousuf N. (1981). Know your Islam (3rd uitg.). New York: Taknike Tarsile Quran. p. 73. ISBN 9780940368026. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2016. Besoek op 24 September 2016.
  3. chief, John L. Esposito, editor in (2004). The Oxford dictionary of Islam (Sagteband. uitg.). Oxford: Oxford University Press. p. 236. ISBN 9780195125597. {{cite book}}: |first= has generic name (hulp)AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  4. Koran, Soera 71


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "nota", but no corresponding <references group="nota"/> tag was found


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search