Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe

  Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe 

Aankondiging van die pryswenner in 2008
Aankondiging van die pryswenner in 2008
Toegeken vir Uitstaande bydraes vir die mensdom in Ekonomiese Wetenskappe
Borg Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe
Land Vlag van Swede Swede
Datum 10 Desember
Eerste toekenning 27 Oktober 1969 (1969-10-27)
Webtuiste nobelprize.org

Die Sweedse Ryksbankprys in Ekonomiese Wetenskappe ter nagedagtenis aan Alfred Nobel (Sweeds: Sveriges riksbanks pris i ekonomisk vetenskap till Alfred Nobels minne), oftewel Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe of Nobelprys vir Ekonomie, word sedert 1969 elke jaar deur die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe aan mense toegeken, wat 'n besondere bydra tot die ekonomiese wetenskappe gelewer het, hoewel Alfred Nobel in sy testament nie vir dié prys voorsiening gemaak het nie. Dit word as gelykwaardig aan al die ander Nobelpryse beskou, maar staan amptelik as "gedenkprys ter ere van Alfred Nobel" bekend. Die prys word soms vir sy nieamptelike karakter, maar desondanks gelykwaardigheid met al die ander Nobelpryse, gekritiseer. Nogtans word dit as belangrikste toekenning in die vakgebied van Ekonomiese Wetenskappe beskou.

Hoofgebou van die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe

Die akademie kondig die naam van die Nobelpryswenners jaarliks vroeg in Oktober aan,[1] met die Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe tradisioneel laaste en op 'n Maandag. Die prys word jaarliks in Stockholm, Swede, toegeken op 10 Desember, die herdenking van Nobel se dood. Tot en met 2023 is die prys aan altesaam 93 individue toegeken.[2] Nog net drie vroue het dit gekry: Elinor Ostrom in 2009, Esther Duflo in 2019 en Claudia Goldin in 2023.[3]

Die 2023-Sweedse Ryksbankprys in Ekonomiese Wetenskappe ter nagedagtenis aan Alfred Nobel is toegeken aan Claudia Goldin "vir die bevordering van vroue se begrip se arbeidsmarkuitkomste".[4]

Die pryse, wat 'n bedrag geld (SEK9 miljoen, omtrent VSA$1 miljoen per pryskategorie, wat dan gelykop onder die Bekroondes verdeel word),[5] 'n goue medalje en 'n diploma insluit, word op 10 Desember, die herdenking van Nobel se sterfdag in 1896, tydens 'n seremonie deur die Sweedse koning, tans Carl XVI Gustaf van Swede, in die Stockholmse Konsertsaal uitgedeel.

Hieronder volg 'n lys van die ontvangers van die Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe vanaf 1969 tot op hede.


1960's1970's1980's1990's2000's2010's2020's

  1. (en) "Nomination and selection of Laureates in Economic Sciences". Nobelprize.org. Nobel Media 2023. 9 Oktober 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
  2. (en) "All Prizes in Economic Sciences". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
  3. (en) "Nobel Prize Awarded Women". Nobelprize.org. Nobel Media 2023. 9 Oktober 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2018. Besoek op 9 Oktober 2023.
  4. (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 2023". Besoek op 9 Oktober 2023.
  5. (en) "The Nobel Prize Amounts" (PDF). Nobelprize.org. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2018. Besoek op 9 Oktober 2023.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search