Noordpoolgebied

Ligging van Arktika
Kaart van Arktika
Saamgestelde Nasa-Satellietbeeld van Arktika, soos opgeneem op 2 September 2012
Die Arktiese papawer, Papaver radicatum, in blom op Kanada se Bathursteiland

Die Noordpoolgebied, of Arktika, is 'n poolgebied in die noordelikste deel van die Aarde wat bestaan uit die Arktiese Oseaan (of Noordelike Yssee) en dele van Denemarke (Groenland), Kanada, Rusland, Noorweë, die Verenigde State (Alaska), Swede, Finland en Ysland.

Die naam "Arktika" is afgelei van die Griekse word árktos ἄρκτος vir beer. Die byvoeglike naamwoord árktikós "arkties"‚ "noordelik" het verwys ná die gebied onder die sterrebeeld Groot Beer. Die Poolster is byna loodreg oor die Noordpool en lê in die sterrebeeld Klein Beer.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search