Noordwes-Kaukasiese tale

Noordwes-Kaukasiese tale
Wes-Kaukasiese / Abchaz–Adigiese tale
Geografiese
verspreiding:
Kaukasus
Genetiese
klassifikasie
:
Primêre taalfamilie
 Noordwes-Kaukasiese tale
Onderafdelings:
Abazgi
Sirkassies
Oebich

Verspreiding van die Noordwes-Kaukasiese tale.

   Sirkassies

   Abazgi

   Oebich (dooie taal)

Die Noordwes-Kaukasiese, Wes-Kaukasiese of Abchaz-Adigiese tale is ’n taalfamilie wat in die Noordwes-Kaukasiese gebied gepraat word, veral in die Russiese republieke Adygea, Kabardino-Balkarië en Karatsjai-Tsjerkessië, die betwiste gebied Abchasië, in Turkye en deur verstrooide bevolkings in die Midde-Ooste.

Etniese kaart van die Kaukasus-streek

Hulle word soms "Pontiese tale" genoem in teenstelling met die naam "Kaspies" vir die Noordoos-Kaukasiese tale. Saam met die Noordoos-Kaukasiese tale en die Suid-Kaukasiese tale (Kartweliese tale) maak die familie deel uit van ’n groep van drie taalfamilies wat in die Kaukasus-taalgebied gepraat word; al drie taalfamilies toon egter geen onderlinge genetiese verwantskap nie. Hulle word veral uit geografiese redes onder die sambreelterm Kaukasiese tale saamgevat. Die Georgiese taalkundige Arnold Chikobawa het wel 'n Ibero-Kaukasiese taalfamilie voorgestel, alhoewel dit algemeen verwerp is.

Van die bekendste en belangrikste Noordwes-Kaukasiese tale (volgens moedertaalsprekers) is: Kabardies (1,6 miljoen), Adigies (491 800), Abchasies (190 740) en Abazyns (47 880). Hierdie tale word veral in Georgië en Rusland gebesig en met die Cyrilliese alfabet geskryf.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search