Nordiese Raad

Logo van die Nordiese Raad
Die hoofkantoor van die Nordiese Raad in Kopenhagen, Denemarke.

Die Nordiese Raad en die Nordiese Raad van Ministers is 'n samewerkingsforum vir die parlemente en regerings van die Nordiese lande. Dit is na die Tweede Wêreldoorlog gevestig en die eerste konkrete resultaat wat dit bereik het was die invoer van gemeenskaplike arbeidsmark, maatskaplike versekering en bewegingsvryheid sonder paspoorte vir burgers van die lande in 1952.

Die Nordiese Raad bestaan uit verkose lede wat die vyf lande en drie outonome gebiede waaruit dit bestaan verteenwoordig. Die lede van die raad is lede van die nasionale parlemente van die lidlande van die Raad wat deur hulle onderskeie politieke partye genomineer word. Daar is dus nie 'n prosedure vir die verkiesing tot die Nordiese raad nie. Die Nordiese Raad wat deur 'n Presidium gelei word hou sedert 1996 elke herfs 'n gewone sessie en spesiale sessies word van tyd tot tyd om spesifieke temas gehou. Die Raad en lede van die lidlande se regerings kom ook op jaarlikse grondslag byeen om samesprekings te hou. Voortdurende politieke werk word deur komitee en party groepe behartig.[1]

  1. (en) norden Geargiveer 5 April 2008 op Wayback Machine, About the Nordic Council Geargiveer 14 September 2007 op Wayback Machine, besoek op 29 Maart 2008

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search