North American F-100 Super Sabre

North American F-100 Super Sabre
'n F-100D Super Sabre oor Rogers Dry Lake
Tipe Vegvliegtuig
Vervaardiger North American Aviation
Nooiensvlug 25 Mei 1953
Status Uit diens gestel
Hoofgebruiker Amerikaanse Lugmag
Vervaardig 1953 - 1959
Aantal gebou 2 294
Ontwikkel van North American F-86 Sabre

Die North American F-100 Super Sabre was die wêreld se eerste supersoniese gevegsvliegtuig. Dit was ontwikkel deur North American Aviation vanaf 1949 as 'n opvolger van die North American F-86 Sabre. Die vliegtuig het sy nooiensvlug op 25 Mei 1953 voltooi. North American het na die sukses van die F-86 gekyk na metodes om die vliegtuig in gelyk vlugte teen supersoniese snelhede te laat vlieg. Hulle het toe begin met die Sabre 45, 'n ontwerp waar die vlerke 'n 45 grade hoek met die romp van die vliegtuig maak, die model was later die F-100 Super Sabre genoem.

Die vliegtuig was vinnig ontwikkel en dit was die eerste vliegtuig waar hittebestande titaan gebruik is. Dit het reeds vinniger as die spoed van klank gevlieg op sy nooiensvlug. Op 29 Oktober 1953 het die F-100, met Luitenant-Kolonel Pete Everest as vlieënier, 'n nuwe wêreld spoed rekord op gestel deur 'n snelheid van 1215 km/h te bereik oor 'n 15 km baan teen 'n hoogte van slegs 30 m.

In 1954 word die Amerikaanse Lugmag se 479 Vegter Eenheid toegerus met die nuwe F-100, die eerste sodanige eenheid ter wêreld. Ongelukkig word die vliegtuig verbied om tot vroeg 1955 te vlieg na 'n paar fatale invlug falings van toerusting. Die vlerke en stertvin word verbeter om stabiliteit's probleme uit te skakel en die nuwe vliegtuig staan bekend as model F-100A. Daar was 200 modelle M afgelewer aan die Amerikaanse Lugmag. Op 26 Februarie 1955 word toetsvlieënier George F. Smith die eerste persoon om teen supersoniese snelheid 'n uitskietstoel te gebruik.

Die Amerikaanse president Dwight D. Eisenhower was vasbeslote om sy kernkrag magte uit te bou en die Amerikaanse Lugmag se Tactical Air Command was ook belas om kernwapens te kan ontplooi wat tot op daardie stadium die verantwoordelikheid van Strategic Air Command was. Op daardie stadium was die F-100 die enigste vliegtuig wat moontlik vir so 'n rol gebruik kon word en daar is in 1954 begin met die ontwerp van die vegter-bomwerper, die F-100C.

Die verbeterde en meer kragtiger F-100C en die later D-vegter-bomwerper het die frontlinie van die Koue Oorlog in 1956/7 bereik. Die C-model kon in die lug hervul word en sy reeds indrukwekkende tog afstand verbeter. Die C-model het ook oor 'n kragtiger motor beskik. Op 20 Augustus 1955 het kolonel Horace Hanes die wêreld se eerste supersoniese spoed rekord van 1,323 km/h daar gestel in 'n F-100c.

Die F-100D word beskou as die eerste volwaardige vegter-bomwerper; die C-model word beskou as 'n vegter wat slegs aangepas is om die taak te kan verrig. Die F-100D het sy nooiensvlug voltooi op 24 Januarie 1956 en daar is meer getalle gebou van die model as van enige ander modelle. Dit is ook met ECM (Electronic Counter Meausures) en 'n lae-hoogte bombarderingstelsel toegerus om kernwapens te kan gebruik. Dit het ook oor die eerste outomatiese-vliegstelsel beskik vir 'n supersoniese vliegtuig. Daar was altesaam 1274 D-modelle gebou.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search