North Shore City

North Shore City
'n Uitsig oor North Shore City, met Auckland in die agtergrond
'n Uitsig oor North Shore City, met Auckland in die agtergrond
Ligging
Kaart van Nieu-Seeland se Noordeiland
Kaart van Nieu-Seeland se Noordeiland
Die metropolitaanse gebied van Auckland. North Shore City word in oranje aangedui
Die metropolitaanse gebied van Auckland. North Shore City word in oranje aangedui
Basiese gegewens
Stigting: 1840's
Bevolking: 205 605 (2006)
Oppervlakte: 129,81 km²
Bevolkingsdigtheid: 1 583,9 inwoners/km²
Gemiddelde inkomste: NZ$ 29 100 (2006)
Geografiese ligging: 36°48′S 174°45′O / 36.800°S 174.750°O / -36.800; 174.750
Tydsone: NSST (UTC+12)
Somertyd: UTC+13
Administratiewe verdeling
Staat: Nieu-Seeland
Administratiewe gewes: Auckland
Setel van Stadsraad (City Council):

Takapuna

North Shore City, wat informeel gewoonlik net North Shore of The Shore genoem is, was 'n stad in die administratiewe gewes Auckland op Nieu-Seeland se Noordeiland wat in 2010 by Auckland Council ingesluit is en tans as North Shore deel uitmaak van Auckland. Met 'n bevolking van 205 605 volgens die sensus van 2006 - wat in 2008 volgens skattings tot meer as 223 000 gegroei het - was dit die vierde grootste stad in Nieu-Seeland, sowel ten opsigte van sy inwonerstal asook sy oppervlakte van 129,81 vierkante kilometer. Sy kuslyn het 'n totale lengte van 141 kilometer gehad.

As een van oorspronklik vier stedelike nedersettings in die metropolitaanse gebied van Auckland het North Shore City 'n sterk stedelike en voorstedelike karakter gehad en was die mees digbevolkte stad in Nieu-Seeland. 'n Relatief groot gemeenskap van Suid-Afrikaanse immigrante het hulle hier kom vestig.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search