Northeast Kingdom

Die bergspits Mount Pisgah daal steil na die Willoughby-meer af. Mount Pisgah vorm saam met Mount Hor, wat anderkant die meer verrys, 'n lang binnelandse fjord

Die term Northeast Kingdom verwys na 'n streek in die noordooste van die Amerikaanse deelstaat Vermont wat die distrikte Essex County, Orleans County en Caledonia County behels. Die naam Northeast Kingdom is in 1949 deur die Amerikaanse senator George D. Aiken aan die gebied gegee.

Vermonters verwys na die streek dikwels as The Kingdom, en jonger mense in die gebied gebruik soms net die afkorting N.E.K. Die bewoners van die Northeast Kingdom word gevolglik soms Nekkers genoem.

'n Groot aantal romans van die Amerikaanse skrywer Howard Frank Mosher speel in die Northeast Kingdom af. Skrywers is nie die enigste groep wat die landelike rustigheid van die gebied waardeer nie; ook 'n aantal aanhangers van die hippie-beweging uit die sestigerjare, mense wat moeg is vir die stedelike lewe en aanhangers van esoteriese bewegings het hulle hier kom vestig.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search