Nuweland-krieketveld

Nuweland-krieketveld
Lugbeeld van Nuweland-krieketveld

Bynaam Saharapark Nuweland
Ligging Nuweland, Kaapstad, Suid-Afrika
Koördinate 33°58′25.32″S 18°28′8.16″O / 33.9737000°S 18.4689333°O / -33.9737000; 18.4689333
Eienaar Westelike Provinsie Krieketunie
Kapasiteit 25 000
Oppervlak Gras
Konstruksie
Gebou 1889
Renovasie 1991
Huurders
Kaapse Kobras (2005–hede); Proteas
Cape Town Blitz (2018–hede)

Nuweland-krieketveld in Kaapstad is 'n Suid-Afrikaanse krieketveld.[1] Dit is die tuiste van die Kaapse Kobras, wat in die Sunfoilreeks, Momentum-eendagbeker en Standard Bank Pro20-kompetisies meeding. Dit is ook 'n stadion waar toetskrieket gespeel word. Nuweland word beskou as een van die mooiste krieketvelde ter wêreld, wat oorskadu word deur Tafelberg en Duiwelspiek. Nuweland word verder bevoordeel deur 'n Kaaps-mediterreense klimaat met winterreënval, wat perfekte weer toelaat om krieket in te speel en te kyk. Dit is naby aan Nuwelandstadion, wat 'n groot rugby- en sokkerstadion is.

Toetswedstryd tussen die Proteas en Engeland in Januarie 2005 op Nuweland-krieketveld in Kaapstad
Wedstryd tussen Bangladesj en Suid-Afrika tydens die T20I-wêreldbeker 2007 op Nuweland-krieketveld
Delhi Daredevils teens Kings XI Punjab op op Nuweland-krieketveld tydens die Indiese Premierliga 2008 wat weens veiligheidskwessies in Suid-Afrika aangebied is

Die veld bied sy eerste toetswedstryd aan op 24–25 Maart 1889 toe Engeland Suid-Afrika met 'n beurt en 202 lopies geklop het. Teen Januarie 2020 is daar 55 toetswedstryde op die veld gespeel, waarvan Suid-Afrika 23 gewen, 21 verloor en 11 onbeslis geëindig het. Die laaste span om Suid-Afrika hier te klop was Engeland in Januarie 2020.[2]

Die eerste Internasionale eendagwedstryd is op 7 Desember 1992 hier gespeel, toe die Proteas teen Indië met ses paaltjies gewen het. Teen Junie 2019 is daar 41 EDIs op die veld gespeel, insluitende vyf in die Krieketwêreldbeker 2003. Suid-Afrika het 30 van sy wedstryde gewen en ses verloor. Indië is die mees onlangse EDI-wenner teen die Proteas (in Februarie 2018).[3]

Tussen 1991 en 1997 is verskeie verbeteringe aan die stadion aangebring. Groot dele van die graswalle is vervang deur pawiljoene, wat die sitplek vermeerder het tot 25 000.

Nuweland is een van die min krieketvelde in Suid-Afrika wat geneig is om draaiboulers te bevoordeel. Die meeste velde is geneig om naatboulers of kolwers te bevoordeel, maar die Wes-Kaap het 'n geskiedenis van goeie draaiboulers, 'n onlangse voorbeeld is Paul Adams.

Die veld het ook uitstalwedstryde in die Australiese-reëls voetbal aangebied. In 1998 het 'n skare van 10 123 die Brisbane Lions teen Fremantle sien speel.

Internasionale inligting
25–26 Maart 1889: Suid-Afrika t Vlag van Engeland Engeland
  • Laaste toetswedstryd:
3–7 Januarie 2020: Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika t Vlag van Engeland Engeland
7 Desember 1992: Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika t Vlag van Indië Indië
  • Laaste internasionale eendagwedstryd:
4 Februarie 2020: Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika t Vlag van Engeland Engeland
12 September 2007: Vlag van Australië Australië t Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
  • Laaste internasionale T20-wedstryd:
1 Desember 2020: Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika t Vlag van Engeland Engeland
  1. (en) "Newlands". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Desember 2021.
  2. (en) "Cricinfo – Statsguru – Newlands, Cape Town – Tests – Match results list". ESPNcricinfo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2018. Besoek op 11 Januarie 2018.
  3. (en) Statsguru – Alle EDI-rekords op Nuweland, Kaapstad[dooie skakel]

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search