Oidipus

Oidipus los die sfinks se raaisel op in ’n skildery deur Jean Auguste Dominique Ingres, omstreeks 1805

Oidipus (Grieks: Οἰδίπους; Oidípous, letterlik "geswolle voet") was in die Griekse mitologie die koning van Thebe. Hy het ’n voorspelling laat waar word dat hy sy pa sou doodmaak en met sy ma sou trou, en so ’n ramp sou bring oor sy stad en sy familie. Daar is verskeie weergawes van die verhaal en Sigmund Freud het dit gebruik toe hy die Oidipus-kompleks ’n naam gegee het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search