Olimpiese Somerspele 1896

Spele van die Ie Olimpiade
Olimpiesespele van 1896

Gehou in Athene, Griekeland
Deelnemende lande 14 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 241 (241 mans, 0 vroue)[1]
Items 43 in 9 sporte[2]
Openingseremonie 6 April 1896
Sluitingseremonie 15 April 1896
Amptelik geopen deur Koning George I[3]
Atlete-eed (sedert 1920)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam (sedert 1936)
Vorige Spele :
Volgende Spele 1900: Parys (Frankryk)

Die Olimpiese Somerspele 1896 (Grieks: Θερινοί Ολυμπιακοί Αγώνες 1896, Therinoí Olympiakoí Agó̱nes 1896), amptelik bekend as die Spele van die Iste Olimpiade, was die eerste moderne Olimpiese Spele. Die Spele is op inisiatief van Baron Pierre de Coubertin gehou en het vanaf 6 tot en met 15 April 1896 in Athene, Griekeland, plaasgevind.[4] Athene is ter herdenking van die antieke Olimpiese Spele gekies.

Die openingseremonie in die Atheense Panathinaiko-stadion

Die Spele is aan Athene toegewys op 'n kongres wat deur De Coubertin in 1894 georganiseer is. Die Internasionale Olimpiese Komitee is ook tydens hierdie kongres gestig.

Die Spele was die eerste sedert die Romeinse keiser Theodosius I die antieke Spele in 393 verbied het, vanweë die heidense oorsprong daarvan.

Daar het 'n totaal van 241 mansatlete uit 14 lande aan hierdie eerste moderne Olimpiese Spele deelgeneem. Deelname was nog nie vir vroue oop nie, maar in teenstelling met die antieke Olimpiese Spele is hulle as toeskouers toegelaat.

  1. "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. 6 Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 2 Maart 2018.
  2. "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 2 Maart 2018.
  3. "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 2 Maart 2018.
  4. "Past Olympic host city election results" (in Engels). GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op 2 Maart 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search