Olimpiese Somerspele 1940

Spele van die XIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1940

Gehou in Tokio, Japan
Helsinki, Finland
Deelnemende lande 0
Deelnemende atlete 0
Items 0
Openingseremonie Nie gehou nie
Sluitingseremonie Nie gehou nie
Amptelik geopen deur N.v.t.
Atlete-eed N.v.t.
Beampte-eed N.v.t.
Olimpiese vlam N.v.t.
Vorige Spele 1936: Berlyn (Duitsland)
Volgende Spele 1944: Londen (VK)

Die Olimpiese Somerspele 1940 (Fins: Kesäolympialaiset 1940; Japannees: 東京オリンピック (1940年)), amptelik bekend as die Spele van die XIIde Olimpiade, sou in 1940 gehou word, maar is na die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog afgelas. Die Spele is op 1 Augustus 1936 deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) tydens die Olimpiese Somerspele 1936 in Berlyn aan Tokio, Japan, toegewys. Dit was die eerste keer dat Olimpiese Spele in 'n land buite die Westerse wêreld beplan is. Maar Japan moes afsien van die plan na die uitbreek van die Tweede Chinees-Japannese Oorlog in 1937 en het die Spele op 14 Julie 1938 van die hand gewys. Die Spele is drie dae later aan Helsinki, Finland, toegewys, maar met die uitbreek van die Winteroorlog in 1939 is dit heeltemal afgelas.[1]

Aandenkingshandvlag vir die Olimpiese Somerspele 1940 in Tokio van die Olimpiese Somerspele 1936 in Berlyn

Die hoofstadion vir die Olimpiese Spele 1940 in Tokio sou die Meiji Jingu-stadion gewees het, wat vir die latere Olimpiese Somerspele 1964 ingespan is. Vir die Olimpiese Spele in Helsinki is tussen 1934 en 1938 die Olimpiese Stadion opgerig, waar die Olimpiese Somerspele 1952 gehou is. Beide Finland en Japan het vir hul latere Olimpiese Somerspele ter wille van kostebesparing planne van die oorspronklik beplande Somerspele gebruik.

Omdat die Tweede Wêreldoorlog tot 1945 gewoed het, is die in Londen beplande Olimpiese Somerspele 1944 ook afgelas. Die Britse hoofstad het die eerste Olimpiese Somerspele na die Tweede Wêreldoorlog vier jaar later aangebied.

  1. "The Olympic Summer Games Factsheet" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 15 Januarie 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search