Olimpiese Somerspele 1960

Spele van die XVIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1960

Gehou in Rome, Italië
Deelnemende lande 83 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 5 338 (4 727 mans, 611 vroue)[1]
Items 150 in 17 sporte[2]
Openingseremonie 25 Augustus 1960
Sluitingseremonie 11 September 1960
Amptelik geopen deur President Giovanni Gronchi[3]
Atlete-eed Adolfo Consolini (atletiek)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam Giancarlo Peris (atletiek)
Vorige Spele 1956: Melbourne (Australië)
Volgende Spele 1964: Tokio (Japan)

Die Olimpiese Somerspele 1960 (Italiaans: Giochi della XVII Olimpiade), amptelik bekend as die Spele van die XVIIde Olimpiade, is tussen 25 Augustus en 11 September 1960 in Rome, Italië, aangebied. Rome is gekies bo Lausanne, Detroit, Boedapest, Brussel, Meksikostad en Tokio. Rome was al in 1908 aangewys om Spele te organiseer. Vanweë die uitbarsting van die Vesuvius het Rome toe die eer aan Londen afgestaan, wat toe die Spele van 1908 georganiseer het.

Openingseremonie van die Spele van die XVIIde Olimpiade in Rome

Die Italiaanse staat en die Italiaanse Olimpiese Komitee het finansieel vir hierdie Spele geborg. Daar word inderdaad geen koste of moeite gespaar nie: Aan die voet van Monte Mario is 'n marmerstadion met 80 000 sitplekke gebou. Nie ver daarvandaan is die swembad uitgelê. Verder probeer die organisasie om die antieke geboue so veel as moontlik by die Spele te betrek. Gimnastiek in die Terme van Caracalla plaasgevind, die stoei in die Basilika van Maxentius en die maraton het aan die voet van die Kapitolyn begin en onder die Triomfboog van Konstantin geëindig.

Die Olimpiese Winterspele 1960 is in Squaw Valley, Verenigde State, aangebied. Die Paralimpiese Somerspele 1960 is tussen 18 en 25 September in Rome gehou.

  1. (en) "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 4 Maart 2018.
  2. (en) "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 4 Maart 2018.
  3. (en) "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 4 Maart 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search