Olimpiese Somerspele 1964

Spele van die XVIIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1964

Gehou in Tokio, Japan
Deelnemende lande 93 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 5 151 (4 473 mans, 678 vroue)[1]
Items 163 in 19 sporte[2]
Openingseremonie 10 Oktober 1964
Sluitingseremonie 24 Oktober 1964
Amptelik geopen deur Keiser Hirohito[3]
Atlete-eed Takashi Ono (gimnastiek)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam Yoshinori Sakaï (atletiek)
Vorige Spele 1960: Rome (Italië)
Volgende Spele 1968: Meksikostad (Meksiko)

Die Olimpiese Somerspele 1964 (Japannees: 第十八回オリンピック競技大会, Dai Jūhachi-kai Orinpikku Kyōgi Taikai), amptelik bekend as die Spele van die XVIIIde Olimpiade, is tussen 10 en 24 Oktober 1964 in Tokio, Japan, aangebied. Naas Tokio het Detroit, Wene en Brussel aansoek gedoen om die spele te kon aanbied. Dit was die eerste Olimpiese Spele wat in Asië aangebied is.

Die Olimpiese Stadion in Tokio

Tokio was vroeër (in 1940) al gekies om die Spele te organiseer, maar die spele is later aan Helsinki, Finland, toegewys vanweë Japan se inval in China en die uitbreek van die Tweede Chinees-Japannese Oorlog. Uiteindelik is die Olimpiese Somerspele van 1940 as gevolg van die Tweede Wêreldoorlog se uitbreek gekanselleer.

Die organisasie van die 1968-Spele was, danksy 'n begroting van ses-en-twintig miljoen dollar, onberispelik. Die sportakkomodasie was nagenoeg perfek, met 'n indrukwekkende stadion en 'n reusagtige Olimpiese swembad. Ondanks hierdie skitterende infrastruktuur ontbreek die Spele skynbaar tog aan geesdrif en warmte.

Noord-Korea het sy atlete van die Olimpiese Somerspele 1964 onttrek weens geskille met die IOK oor die deelname van atlete by die GANEFO (Spele van die Nuwe Opkomende Magte) in Djakarta, Indonesië. Noord-Korea se boikot is ondersteun deur Indonesië en die Volksrepubliek China.

Die Olimpiese Winterspele 1964 is in Innsbruck, Oostenryk, aangebied. Die Paralimpiese Somerspele 1964 is tussen 3 en 12 November in Tokio gehou.

  1. "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 4 Maart 2018.
  2. "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 4 Maart 2018.
  3. "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 4 Maart 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search