Spele van die XXIe Olimpiade | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Somerspele 1976 (Engels: 1976 Summer Olympics, Frans: Les XXIes olympiques d'été), amptelik bekend as die Spele van die XXIste Olimpiade, is tussen 17 Julie en 1 Augustus 1976 in Montreal, Kanada, aangebied. Ander stede, wat as kandidate vir die organisering van die Spele aangewys is, was Moskou en Los Angeles. Moskou was die gunsteling, maar desondanks het die Internasionale Olimpiese Komitee in 1969 in Amsterdam besluit om die Spele aan Montreal toe te ken, nadat die destydse burgemeester, Jean Drapeau, beloof het om "eenvoudige Spele" te organiseer.
Dit is die eerste en tot dusver enigste Olimpiese Somerspele wat Kanada aangebied het. Dié land sal later nog die Olimpiese Winterspele van 1988 en 2010 aanbied. As die enigste gasheer van Olimpiese Somerspele het Kanada sonder Olimpiese oorwinning gebly.
22 Afrikalande (en sommige ander) het die Spele weens Nieu-Seeland se deelname geboikot nadat die All Blacks in 1976 Suid-Afrika onder Apartheid besoek en teen die Springbokke 'n wedstryd beslis het en sodoende die internasionale verbanning van Suid-Afrika gebrek het.
Die Olimpiese Winterspele 1976 is in Innsbruck, Oostenryk, aangebied. Die Paralimpiese Somerspele 1976 is tussen 3 en 11 Augustus in Toronto gehou.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search