Olimpiese Somerspele 2028

Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport
Spele van die XXXIVe Olimpiade
Olimpiesespele van 2028

Gehou in Los Angeles, Verenigde State
Deelnemende lande
Deelnemende atlete 10 500
Items 329 in 32 sporte
Openingseremonie 21 Julie 2028
Sluitingseremonie 6 Augustus 2028
Amptelik geopen deur President van die VSA (verwag)
Atlete-eed
Beampte-eed
Olimpiese vlam
Vorige Spele 2024: Parys (Frankryk)
Volgende Spele 2032: Brisbane (Australië)

Die Olimpiese Somerspele 2028 (Engels: 2028 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XXXIVste Olimpiade, sal tussen 21 Julie en 6 Augustus 2028 in Los Angeles, Verenigde State, aangebied word. Dit sal die 34ste aanbieding van die Somerspele sedert 1896 wees. Dit sal ook die derde keer wees dat Los Angeles die spele organiseer na hulle eerste spele in 1932 en daarna in 1984. Daarmee sal Los Angeles naas Londen en Parys die derde stad word wat driekeer 'n Olimpiese Somerspele aanbied. Vir die Verenigde State sal dit die vyfde Olimpiese Somerspele wees wat hulle gaan aanbied, 'n algehele rekord.

Die Los Angeles Memorial Coliseum sal die eerste stadion word wat driekeer 'n Olimpiese Somerspele gaan aanbied
Kaart van deelnemende nasies in 2028:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

   Neem nie deel nie

     Gasheerstad Los Angeles

Die opening- en sluitingseremonies sal in die LA-stadion by Hollywood Park in Los Angeles plaasvind. Soos gebruiklik sal die lande in alfabetiese volgorde die stadion instap met Griekeland eerste en die gasheer die Verenigde State laaste, maar aangesien die plaaslike taal Engels is, sal dié taal se alfabet gebruik word om die volgorde te bepaal.

Die Paralimpiese Somerspele 2028 sal ook in Los Angeles gehou word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search