Olimpiese Winterspele 1964

IXe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 1964

Gehou in Innsbruck, Oostenryk
Deelnemende lande 36
Deelnemende atlete 1 091 (892 mans, 199 vroue)[1]
Items 34 in 6 sporte
Openingseremonie 29 Januarie 1964
Sluitingseremonie 9 Februarie 1964
Amptelik geopen deur President Adolf Schärf
Atlete-eed Paul Aste (bobslee)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam Joseph Rieder (alpeski)
Vorige Spele 1960: Squaw Valley (VSA)
Volgende Spele 1968: Grenoble (Frankryk)

Die Olimpiese Winterspele 1964 (Duits: Olympische Winterspiele 1964), amptelik bekend as die IXde Olimpiese Winterspele, is tussen 29 Januarie en 9 Februarie 1964 in Innsbruck, Oostenryk, aangebied. Die ander kandidaatstede was Calgary in Kanada en Lahti in Finland. Die Olimpiese Somerspele 1964 is in Tokio, Japan, aangebied.

Bergisel, die Skispring-skans in Innsbruck, 2004

Die Spele is bedreig deur 'n gebrek aan sneeu. Die Oostenrykse leër is ingespan om blokke sneeu en ys van hoër in die berge na benede te bring om die bane mee voor te berei.

  1. (en) "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 20 Januarie 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search