Olimpiese Winterspele 2006

XXe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 2006

Gehou in Turyn, Italië
Deelnemende lande 80
Deelnemende atlete 2 508 (1 548 mans, 960 vroue)[1]
Items 84 in 7 sporte
Openingseremonie 10 Februarie 2006
Sluitingseremonie 26 Februarie 2006
Amptelik geopen deur President Carlo Azeglio Ciampi
Atlete-eed Giorgio Rocca (alpeski)
Beampte-eed Fabio Bianchetti (ISU)
Olimpiese vlam Stefania Belmondo (heg-en-steg-ski)
Vorige Spele 2002: Salt Lake City (VSA)
Volgende Spele 2010: Vancouver (Kanada)

Die Olimpiese Winterspele 2006 (Italiaans: XX Giochi olimpici invernali), amptelik bekend as die XXste Olimpiese Winterspele, is tussen 10 en 26 Februarie 2006 in Turyn, Italië, aangebied. Ander kandidaatstede was: Sion (Switserland), Helsinki (Finland), Klagenfurt (Oostenryk), Poprad-Tatry (Slowakye) en Zakopane (Pole).

Die Olimpiese Stadion in Turyn

Dit was naas die Olimpiese Winterspele van 1956 in Cortina d'Ampezzo die tweede wat in Italië gehou is. In die Italiaanse hoofstad Rome is ook die Olimpiese Somerspele van 1960 beslis.

Die Spele is in 1999 toegewys aan Turyn, nadat 'n nuwe keurproses gebruik is. Die nuwe keurproses is ingestel nadat dit aan die lig gekom het dat daar moontlik bedrog gepleeg was met die toewysing van die vorige Winterspele aan Salt Lake City.

Die Paralimpiese Winterspele 2006 is tussen 10 en 19 Maart in Turyn gehou.

  1. "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 27 Junie 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search