Omajjadiese Moskee

Omajjadiese Moskee /
Groot Moskee van Damaskus
Ligging  Damaskus, Sirië
Voltooi  715
Status  Aktief
Spesifikasies 
Minaret(te)  3
Materiale  Steen, marmer, teëls, mosaïek
Styl  Omajjadies

Die Omajjadiese Moskee, ook bekend as die Groot Moskee van Damaskus (Arabies: جامع بني أمية الكبير, Ğāmi' Banī 'Umayya al-Kabīr), is in die ou deel van Damaskus, Sirië, geleë en is een van die grootste en oudste moskees in die wêreld. Sommige Moslems beskou dit as die vierde heiligste plek in Islam.[1]

Ná die Arabiese oorname van Damaskus in 634 is die moskee gebou op die terrein van ’n Christelike basiliek wat gewy was aan Johannes die Doper (Yahya), wat deur Christene sowel as Moslems vereer is. Volgens ’n legende uit die 6de eeu is Johannes se kop in die gebou. Moslems glo ook die moskee is die plek waarheen Jesus (Isa) sal terugkeer aan die einde van dae. Die mausoleum wat die graftobe van Saladin bevat, staan in ’n klein tuin aan die noordemuur van die moskee.

  1. Hitti, 2002, p. 514.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search