Onewe getal

'n Onewe getal is in wiskunde 'n heelgetal wat nie deur twee gedeel kan word nie. Die heelgetalle wat wel deur twee gedeel kan word, is ewe getalle. Alle heelgetalle is of ewe of onewe getalle. Daar word na die konsep van ewe en onewe getalle verwys as pariteit.

Die onewe getalle is:

..., -7, -5, -3, -1, 1, 3, 5, 7, ...

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search