Oog

Oog van 'n mens

Die oog is die orgaan in die menslike (of enige dierlike) liggaam wat inligting uit die ligomgewing aan die brein oordra.

Lig word op die netvlies (ook retina genoem) gefokus deur die lens. Die netvlies is 'n laag gespesialiseerde senuweeselle wat lig omskakel in senuwee-seine. Die oog kan sy fokusafstand verander deur spiere wat die vorm van die lens verander. Hierdie proses word akkommodasie genoem. Meeste mense het twee, en hulle is albei kante van die neus. Die konkawe lense in die oog is verantwoordelik vir die beeld se vorming.

Diagram van 'n mens se oog
  • 1: agterste voorportaal
  • 2: getande rand
  • 3: siliêre spier
  • 4: siliêre sonule
  • 5: Schlemm se kanaal
  • 6: pupil
  • 7: voorkamer
  • 8: kornea
  • 9: iris
  • 10: lenskorteks
  • 11: lenskern
  • 12: siliêre apparaat
  • 13: konjunktiva
  • 14: onderste skuinsspier
  • 15: onderste rektusspier
  • 16: mediale rektusspier
  • 17: retinale arteries en are
  • 18: optiese skyf
  • 19: dura mater
  • 20: sentrale retinale arterie
  • 21: sentrale retinale aar
  • 22: optiese senuwee
  • 23: vortikose aar
  • 24: bulba-skede
  • 25: makula
  • 26: put
  • 27: sklera
  • 28: choroïed
  • 29: boonste rektusspiere
  • 30:retina

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search