Oog van Horus

Die Oog van Horus.

Die Oog van Horus is ’n Antieke Egiptiese simbool van beskerming, koninklike mag en goeie gesondheid. Die oog word verpersoonlik deur die godin Wadjet. Dit word soms gelykgestel aan die Oog van Ra,[1] maar in ander gevalle is dit 'n heel ander konsep.

Wadjet was een van die vroeë godinne wat ná die vereniging van Bo- en Benede-Egipte saam met Nechbet die twee beskermgodinne van Egipte geword het.

  1. Wörterbuch der ägyptischen Sprache 1, 268.13

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search