Oorlam

Oorlams

Jan Jonker Afrikaner, sesde Oorlamkaptein
Totale bevolking: onbekend
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Namibië Namibië
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Taal: Afrikaans, Oorlams, Engels, Nama
Geloofsoortuiging: Christendom
Verwante etniese groepe: Afrikaners, Namas, Kleurlinge, Griekwas

Die Oorlams is 'n etniese groep, wat afstam van Nama of Khoikhoivroue en Nederlandse vaders, meestal boere uit die Nederlandse Kaapkolonie. Die Oorlams bly oorwegend in Namibië en hulle is deesdae grotendeels met die Namas geassimileer. Hulle is verwant aan die Rehoboth-basters en die Griekwas.

Die Oorlams het van die Kaapkolonie (nou deel van Suid-Afrika) na Namakwaland en Damaraland (nou deel van Namibië) migreer. Die term Oorlams is afgelei van die Maleise woorde orang vir "mens" of "persoon" en lama vir "ervare", "ou" of "lank gelede; "Oorlams" beteken dus "ervare mense" of "die wat weet".

Oorlamklans het uit nasate van die inheemse Khoikhoi, Europeërs en slawe van Mosambiek, Madagaskar, Indië en Indonesië ontstaan. Nes die ander destydse Afrikaanssprekende groep, die Trekboere, het die Oorlams oorspronklik langs die grense van die jong Kaapkolonie gebly; hulle het later halfnomadiese kommando's van berede gewapende stryders geword. Soos die Boere het hulle vanaf die Kaap binnelands migreer en verskeie state in die hedendaagse Namibië en Suid-Afrika gestig. Uit die Oorlams se migrasie in Suid-Afrika het ook die verwante Griekwas ontstaan.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search