Oos-Ghats

Kaart van Indië met die Oos-Ghats in die suidooste
Beboste berglandskap (nat moesonbos) in die sentrale Oos-Ghats (Kambalakonda Natuurreservaat naby Visakhapatnam, Andhra Pradesh)

Die Oos-Ghats (Engels: Eastern Ghats; Hindi: पूर्वी घाट, Pūrvī Ghāṭa; Telugu: తూర్పు కనుమలు, Tūrpu Kanumalu; Tamil: கிழக்குத் தொடர்ச்சி மலைகள், Kiḻakkut Toṭarcci Malaikaḷ) is 'n bergreeks langs die ooskus van Indië. Dit loop parallel tot die kus van die Golf van Bengale deur die Indiese deelstate Odisha, Andhra Pradesh en Tamil Nadu. Arma Konda is met 1 680 meter bo seevlak die hoogste bergpiek van die Oos-Ghats.

Die Oos-Ghats word in die noorde deur die Mahanadirivier begrens. Van die riviere wat die Oos-Ghats deurkruis sluit in Godavari en Krisjna. Albei riviere ontspring in die Wes-Ghats en mond in die Golf van Bengale uit.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search