Oos-Londen

Oos-Londen

eMonti
Oos-Londen is in Oos-Kaap
Oos-Londen
Oos-Londen
 Oos-Londen se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 32°59′S 27°52′O / 32.983°S 27.867°O / -32.983; 27.867
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieOos-Kaap
MunisipaliteitBuffalo City
Stigting1847[1]
Oppervlak
 • Stad168,86 km2 (65,20 vk. myl)
 • Metro
2 536 km2 (979 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[2]
 • Stad267 007
 • Digtheid1 581/km2 (4 090/vk. myl)
 • Metro
755 200
 • Metrodigtheid297,8/km2 (771/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense16.0%
 • Indiërs/Asiërs1.8%
 • Bruin mense11.6%
 • Swart mense70.1%
 • Ander0.5%
Taal (2011)
 • Xhosa 61.8%
 • Engels 21.2%
 • Afrikaans 13.3%
 • Ander 3.8%
Poskode (strate)
5200
Poskode (posbusse)
5201–5499
Skakelkode043
WebwerfBuffalo City-munisipaliteit

Oos-Londen (Engels: East London, Xhosa: eMonti) is 'n stad in die Oos-Kaapprovinsie van Suid-Afrika. Dit het sowat 267 000 inwoners (volgens die 2011-sensus) en vorm die belangrikste deel van die Buffalo City Metropolitaanse Munisipaliteit wat in totaal sowat 755 000 inwoners huisves, waarvan 642 750 swart was, 58 258 wit, 45 442 bruin en 6 241 Indiërs.[2] Dit lê aan die Indiese oseaankus, tussen die Buffels- en die Nahoonrivier, en is die enigste stad in Suid-Afrika met 'n rivierhawe.

Strand in Oos-Londen

Pynappels en mielies is belangrike plaaslike uitvoerprodukte. Die hawe beskik ook oor die grootste graansilos in die land, met 'n kapasiteit van tot 76 000 ton. Oos-Londen is 'n belangrike in- en uitvoerhawe vir nuwe motorvoertuie na die Amerikas, die Verenigde Koninkryk, Australië, Japan en China. Koper afkomstig van Zambië en die Demokratiese Republiek van Kongo word ook per see uitgevoer.

  1. "Chronological order of town establishment in South Africa based on Floyd (1960:20–26)" (PDF) (in Engels). pp. xlv–lii. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019. Besoek op 10 September 2017.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 "Hoofplek Oos-Londen". Sensus 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search