Oranjerivierprojek

Die Gariepdam, die grootste dam in Suid-Afrika, is 'n integrale deel van die Oranjerivierprojek.

Die Oranjerivierprojek (ook bekend as die Oranjerivierskema) is 'n groot projek met die hoofdoelwit: die ekonomiese ontwikkeling van die Oranjerivier en sy takriviere.[1][2] Die projek is aanvanklik beplan oor 'n tydperk van 30 jaar. Daar is reeds gedurende 1956 begin met die opnames, in 1962 is die projek deur die Parlement goedgekeur en die werk het begin gedurende 1963.[3][4]

Die projek sluit in besproeiingontwikkeling, hidroëlektrisiteit en die verlegging van bestaande riviere deur middel van tonnels en kanale. Daar was beplan vir 'n opwekkingsvermoë van 177 000 kW hidroëlektrisiteit. Daar was ook beplan vir 'n tonnel (Oranje-Visrivier) om water van die Gariepdam na die Groot-Visrivier oor te plaas.[5]

Ander gedeeltes van die projek was die bou van die Hendrik Verwoerddam (later hernoem "Gariepdam") en Vanderkloofdam en die Vanderkloofkanale.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named britannica
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named waterpowermagazine
  3. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal,Bl 363, 1967
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named nytimes
  5. Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. Bl 312. 1995. ISBN 1-86842-026-4

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search