Organisasie van Amerikaanse Lande

Vlag van die Organisasie van Amerikaanse Lande
Lidlande van die Organisasie van Amerikaanse Lande
Die eksklusiewe ekonomiese sone van die Organisasie van Amerikaanse Lande

Die Organisasie van Amerikaanse Lande (OAL) of Organisasie van Amerikaanse State (OAS) (Engels: Organization of American States, OAS; Frans: Organisation des États américains, OEA; Portugees: Organização dos Estados Americanos, OEA; Spaans: Organización de los Estados Americanos, OEA) is 'n vastelandse organisasie wat op 30 April 1948 vir die doeleindes van plaaslike solidariteit en samewerking tussen die lande van die Amerikas gestig is. Die hoofkantoor is in die Amerikaanse hoofstad Washington, D.C. geleë en die amptelike tale is Engels, Frans, Portugees en Spaans. Al die 35 onafhanklike lande van Noord- en Suid-Amerika is lidlande van die Organisasie van Amerikaanse Lande.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search