Oseaantrog

Oseaankors word by 'n mid-oseaanrif gevorm, terwyl die litosfeer by trôe terug in die astenosfeer wegsak.

'n Oseaantrog of seetrog is 'n prominente lang, smal topografiese depressie in die seebodem. Dit is dikwels 50 tot 100 km breed en 3 tot 4 km onder die vlak van die omringende seebodem, maar kan duisende kilometers lank wees. Daar is wêreldwyd oseaantrôe van sowat 50 000 km lank, meestal in die Stille Oseaan, maar ook in die oostelike Indiese Oseaan en elders. Die grootste diepte in die see wat nog gemeet is, is in die Challengerdiepte van die Marianatrog – 11 034 m onder die seevlak.

Oseaantrôe kom voor vanweë die Aarde se besonderse plaattektoniek. Hulle word aangetref by konvergente grense, waar litosferiese plate na mekaar toe beweeg teen 'n tempo van tussen 'n paar millimeter en 10 cm per jaar. Oseaniese litosfeer beweeg in trôe in teen 'n wêreldwye tempo van sowat 3 km2 per jaar.[1]

  1. Rowley, David B. (2002). "Rate of plate creation and destruction: 180 Ma to present". Geological Society of America Bulletin. 114 (8): 927–933. Bibcode:2002GSAB..114..927R. doi:10.1130/0016-7606(2002)114<0927:ROPCAD>2.0.CO;2.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search