Osman I

Osman I
Ottomaanse heerser

Volle naam Osman Ghazi
Ottomaanse naam عثمان بن أرطغرل
Tydperk 1299–1324
Stadium Opgang van die Ottomaanse Ryk
Huis Osman
Voorganger Nuwe ryk
Opvolger Orhan

Osman I (Ottomaanse Turks: عثمان بن أرطغرل, moderne Turks: I.Osman; 1258–1326) was die leier van die Ottomaanse Turke. Hy was die stigter van die Huis van Osman en die grondlegger van die Ottomaanse Ryk. Die ryk sou langer as ses eeue bestaan.

Osman (sy naam is die Turkse ekwivalent van die Moslemse naam Oethman) het sy eie klein koninkryk van die Seldjoekse Turke in 1299 onafhanklik verklaar. Die weswaartse stukrag van die Moongolse inval het talle Moslems na Osman se prinsdom Anatolië gedryf. Toe die Bisantynse Ryk, die oostelike tak van die Romeinse Ryk, begin verval, het die Ottomaanse Ryk sy plek ingeneem.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search