Ottawa

Ottawa

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Kanada Kanada
 Provinsie Ontario
 Koördinate 45°25′N 75°41′W / 45.417°N 75.683°W / 45.417; -75.683
 Stigting 1826 (Die dorp Bytown)
 Inkorporasie 1855 (Die stad Ottawa)
 Oppervlakte:  
 - Totaal 2 778,13 vk km
 Hoogte bo seevlak 70 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2011) 883 391
 - Bevolkingsdigtheid 316,6/vk km
 - Metropolitaanse gebied 1 236 324
 Tydsone UTC -5 (Oostelike tyd)
 Burgemeester Jim Watson
 Amptelike Webwerf www.ottawa.ca

Ottawa is in 1857 aangewys as die federale hoofstad van Kanada. Die stad is die vierde grootste in die land en lê in die Ottawavallei, aan die oewer van die Ottawarivier of Rivière des Outaouais, wat hier die grenslyn tussen die provinsies Ontario en Québec vorm. In teenstelling met die hoofstede van lande soos die Verenigde State en Australië bestaan daar geen nasionale hoofstaddistrik nie; Ottawa is 'n munisipaliteit van die provinsie Ontario.

Ottawa het 'n bevolking van meer as 883 400, die metropolitaanse gebied het 1 236 324 inwoners (2011). Sowat 'n derde van die inwoners in die stad en die helfte van die metropolitaanse bevolking is Franssprekend, en Ottawa is - naas Montreal - een van min groot Kanadese stede wat as funksioneel tweetalig beskou kan word.

Bekende besienswaardighede is sy katedrale en parlementsgeboue op die Colline parlementaire (Parlementsheuwel). Belangrike nywerhede sluit waterkragopwekking, saagmeulens, papier, meel, leer, vuurhoutjies, masjiene en yster in.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search