Ou Cyrilliese alfabet

Die oorspronklike Cyrilliese alfabet is in die 10de eeu in die Eerste Bulgaarse Ryk ontwikkel vir die skryf van godsdienstige tekste in Kerkslawies. Dit het die fonologiese basis van die ouer Glagolitiese alfabet gevolg wat deur die monnikebroers Cyrillus en Methodius ontwikkel is en is waarskynlik deur studente van die broers geskep. Baie van die letters kom van die Griekse alfabet, en vir klanke waarvoor daar nie Griekse letters was nie, is letters uit die Latynse en Glagolitiese alfabet aangepas.

Die alfabet is deur die eeue aangepas by veranderings in die Slawiese tale en elke taal het ’n eie variasie van die alfabet aangeneem.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search