Paleis van Placentia

Die Paleis van Placentia in ’n 17de-eeuse tekening.

Die Paleis van Placentia (Engels: Palace of Placentia) was ’n Engelse koninklike paleis wat in 1447 gebou is[1] in Greenwich, destyds ’n entjie van Londen af aan die oewer van die Teemsrivier. Die paleis is in 1660 deur koning Karel II gesloop om plek te maak vir ’n nuwe residensie. Byna veertig jaar later het die Greenwich-hospitaal (tans die Ou Koninklike Seevaartkollege) hier ontstaan.

  1. Bold, John (2000) Greenwich: An Architectural History of the Royal Hospital for Seamen and the Queen's House (Paul Mellon Centre for Studies in British Art in samewerking met English Heritage), ISBN 978-0-300-08397-2

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search