Palenque

Voor-Spaanse stad en nasionale park van Palenque*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Ligging van Palenque op 'n kaart (Meksiko)
Palenque
Palenque
Ligging van Palenque in Meksiko
Koördinate: 17°29′02″N 92°02′46″W / 17.48389°N 92.04611°W / 17.48389; -92.04611
Lande Vlag van Meksiko Meksiko
Tipe Kultuur
Kriteria i, ii, iii, iv
Verwysings 411
Streek Noord-Amerika
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1987  (11de Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Palenque (Mayathan: Bàak) is 'n argeologiese terrein in die Meksikaanse deelstaat Chiapas, wat in die noordweste van die grens tot Guatemala geleë is. Die historiese naam van die stad was vermoedelik „Lakamha’“, wat "groot water" beteken, terwyl die gebied B’aakal ("been") genoem was.

Majahiëroglief van Palenque

Palenque is 'n middelgrote terrein, baie kleiner as Tikal en Copán, maar is veral bekend vir sy hoë-kwaliteit argitektuur, skulpture, dakkamme en reliefgravure. Die meeste van die geskiedenis van Palenque is vanaf die Majahiërogliewe gerekonstrueer, veral die 5de eeu en die wedywering met ander Majastede soos Calakmul en Toniná.

Die stadsgebied het in 1981 'n nasionale park geword en Palenque is in 1987 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search