Paleogeen

Era Periode Epog Tyd gelede 
(in miljoen jaar)
Kainosoïkum Kwartêr Holoseen 0 - 0,0117
Pleistoseen 0,0117 - 2,588
Neogeen Plioseen 2,588 - 5,333
Mioseen 5,333 - 23,03
Paleogeen Oligoseen 23,03 - 33,9
Eoseen 33,9 - 56,0
Paleoseen 56,0 - 65,5
Mesosoïkum Kryt Laat ouer
Moenie verwar word met die Paleoseen nie.

Die Paleogeen is die eerste geologiese periode van die Kainosoïese Era en strek van die einde van die laaste periode van die Mesosoïese Era, die Kryt, sowat 66 miljoen jaar gelede tot die begin van die Neogeen sowat 23,03 miljoen jaar gelede. Dit word veral gekenmerk deur die feit dat soogdiere ontwikkel het van relatief klein, eenvoudige vorme in groot, uiteenlopende diere ná die Kryt-Paleogeen-uitwissing wat ’n einde aan die vorige Krytperiode gebring het.[1]

Dié periode bestaan uit drie epogs: die Paleoseen, Eoseen en Oligoseen. Die einde van die Poleoseen (55,5/54,8 miljoen jaar) word gekenmerk deur een van die belangrikste tydperke van verandering tydens die Kainosoïkum wat oseaan- en atmosferiese sirkulasie ontwrig en gelei het tot die uitwissing van talle seediere en ’n verandering in soogdiere.

  1. Robert W. Meredith, Jan E. Janecka, John Gatesy, Oliver A. Ryder, Colleen A. Fisher, Emma C. Teeling, Alisha Goodbla, Eduardo Eizirik, Taiz L. L. Simão, Tanja Stadler, Daniel L. Rabosky, Rodney L. Honeycutt, John J. Flynn, Colleen M. Ingram, Cynthia Steiner, Tiffani L. Williams, Terence J. Robinson, Angela Burk-Herrick, Michael Westerman, Nadia A. Ayoub, Mark S. Springer, William J. Murphy. 2011. Impacts of the Cretaceous Terrestrial Revolution and KPg extinction on mammal diversification. Science 334:521-524.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search