Paleosiberiese tale | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Noord-Asië, Oos-Asië |
Genetiese klassifikasie: |
Paleosiberies Paleosiberiese tale |
Onderafdelings: |
Tsjoekotko-Kamtsjatkaans
Nivkh
Joekaghir
Jenisei
|
Die Paleosiberiese tale (afgelei van Grieks: παλαιός palaios, "antiek") vat verskeie geïsoleerde tale en klein taalfamilies saam wat in dele van die noordoostelike Siberië en die Russiese Verre Ooste gebesig word. Hulle toon geen bekende onderlinge genetiese verwantskap nie; hul enigste gemeensame kenmerk is dat hulle voor die koms van ander tale in hierdie gebiede gebesig is maar later deur ander tale verdring is, veral Toengoesies en later Turkse tale. In onlangse tye is ook die Turkse (veral in Siberië) en veral die Toengoesiese tale op hul beurt deur Russies verdring.
Die Paleosiberiese tale bevat omtrent tien tale wat deur sowat 11 000 mense gebesig word. Al die tale is ernstig bedreig.
Algemeen word die volgende taalfamilies as Paleosiberiese tale beskou:[1]
Sommige taalkundiges beskou Ainoe en die Eskimo-Aleoetiese tale ook as Paleosiberiese tale:
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search