Palermo

Palermo
Palermu

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Italië Italië
 Administratiewe gewes Sisilië
 Koördinate 38°06′N 13°21′O / 38.100°N 13.350°O / 38.100; 13.350
 Stigting 736 v.C.
 Oppervlakte:  
 - Totaal 158,9 vk km
 Hoogte bo seevlak 14 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2013) 676 118
 - Bevolkingsdigtheid 4 255/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Leoluca Orlando (PD)
 Amptelike webwerf comune.palermo.it

Palermo (Italiaans: [paˈlɛrmo], ; Sisiliaans: Palermu; Grieks: Πάνορμος, Pánormos) is die hoofstad en regeringssetel van die outonome gewes Sisilië binne die Italiaanse Republiek. Die stad is ook tegelykertyd die grootste stad in Sisilië en van die Middellandse See-eilande. Saam met die eilande Sardinië en Elba onderskei Sisilië hom van die vastelandse deel van Italië. Met 'n bevolking van 676 118 in 2013 is Palermo na Milaan (Milano), Rome (Roma), Napels (Napoli) en Turyn (Torino) die vyfde grootste stad in Italië. Die inwoners van die stad staan bekend in Italiaans as die Palermitani of poëties die Panormiti. Die Arabies-Normandiese Palermo en die Katedraal-kerke van Cefalù en Monreale is in 2015 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys. Dit was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search