Palermosteen

Die Palermosteen, die fragment van die Egiptiese Koninklike Annale wat in Palermo, Italië, gehou word.

Die Palermosteen is een van sewe fragmente van ’n stele bekend as die Koninklike Annale van die Ou Ryk van Antieke Egipte. Die stele bevat ’n lys van die konings van Egipte vanaf die 1ste Dinastie tot die eerste deel van die 5de Dinastie en dui belangrike gebeure in elke jaar van hul bewind aan. Dit is waarskynlik tydens die 5de Dinastie gemaak (omstreeks 2392-2283 v.C.).[1] Die steen word in die Antonio Salinas Argeologiese Streeksmuseum in die Italiaanse stad Palermo gehou, vandaar die naam.

Die naam Palermosteen word soms gebruik vir al sewe fragmente van die Koninklike Annale, ook dié wat in Kaïro en Londen gehou word. Die fragmente is waarskynlik die oudste historiese teks wat uit Antieke Egipte behoue gebly het en is ’n baie belangrike bron vir die geskiedenis van die Ou Ryk.

  1. Dodson, Aidan (2004) The Complete Royal Families of Ancient Egypt, p.62. Thames & Hudson, ISBN 0-500-05128-3.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search