Palinologie

Palinologie (stuifmeelkunde) is die navorsing op die gebied van stuifmeel, spore en bepaalde mikroskopiese planktonorganismes, wat palinomorfs genoem word. Dit kan lewende asook fossielvorme behels en omvat baie meer as net stuifmeel.

Plantkundiges wat lewende stuifmeel of spore bestudeer bedryf aktuopalinologie, terwyl geoloë wat met fossiele stuifmeel of spore werk paleopalinoloë is.

Die palinologie is belangrik vir die ontginning van ruolie en die olienywerheid het hierdie tak van die wetenskap 'n groot hupstoot gegee. [1]

  1. "Florida-museum". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Januarie 2018. Besoek op 25 Augustus 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search