Palmagtige

Arecaceae
Cocos nucifera
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Arecaceae

Schultz-Schultzenstein
Genera

Sien teks

Arecaceae is die palm-familie wat hoort tot die orde Arecales. Wêreldwyd hoort daar 2600 spesies tot die familie terwyl daar sewe in Suider-Afrika voorkom waarvan almal bome is. Palms kom wydverspreid in die tropiese en subtropiese dele voor en as gevolg van menslike en aktiwiteite deur olifante is hedendaagse verspreidings onduidelik.

Kanariese dadelpalms (Phoenix canariensis) te Gran Canaria, Spanje

Die palmfamilie (familie Arecaceae of Palmae) is die enigste familie van die orde Palmagtiges (Arecales). Dit bestaan uit ongeveer 4 000 spesies wat grotendeels tot die trope en subtrope beperk is. Die meeste palms het 'n gladde, slank en onvertakte stam met 'n kroon van groot, sierlike blare, maar ʼn verskeidenheid van klimplante en liane word ook in die familie aangetref.

Ongeveer 4 000 spesies eensaadlobbige plante word onder die palmfamilie (Arecaceae of Palmae), die enigste familie van die orde Palmagtiges (Arecales), geklassifiseer. 'n Groot aantal palms met hul gladde, slank onvertakte stamme word wêreldwyd aangeplant as sierplante of as verskaffers van vrugte en ander produkte. Baie lede van die familie is egter klim- en slingerplante, wat veral in tropiese reënwoude groei. Die meeste palms kom in tropiese wêrelddele voor, maar heelparty soorte word ook in die subtrope aangetref.

Slegs enkele spesies word in die gematigde wêrelddele aangetref. Linnaeus het die palms in sy Systema naturae as die Principes plantarum, die konings van die plante, aangedui. Soos die meeste ander eensaadlobbiges het palms parallelarige blare, en hierdie blare is veer- of handvormig saamgestel. Die blare van die liane en klimplante is afwisselend gerangskik. Die blomme van die meeste lede van die palmfamilie, onder meer die Suid-Afrikaanse spesies, is eenslagtig en in kolfvormige bloeiwyses gerangskik. Manlike en vroulike blomme kan op dieselfde plant of op afsonderlike plante voorkom, met ander woorde palms kan een- of tweehuisig wees. Palms het 'n bes of 'n steenvrug en die saad het ʼn massiewe endosperm.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search