Papoea-Nieu-Guinese nasionale krieketspan

Papoea-Nieu-Guinee
Kenteken van die Papoea-Nieu-Guinese nasionale krieketspan
BynaamBarramundis
KonferensieKrieket PNG (CPNG)
Personeel
KapteinAssad Vala
AfrigterVlag van Zimbabwe Tatenda Taibu
Internasionale Krieketraad
IKR-statusAssosiaatlid (1973)
IKR-streekOos-Asië-Pasifiek
IKR-ranglys Tans[1] Beste rang tot dusver
EDI16de (23 Mei 2019)
T20I20ste15de (9 September 2016)
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Hongkong Hongkong op Riverway-stadion, Townsville; 8 November 2014
Laaste EDIt Vlag van Kanada Kanada op United Ground, Windhoek; 5 April 2023
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[2]6614/51 (21,21%)
(1 gelykop, 0 onbeslis)
Vanjaar[3]00/0
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Krieketwêreldbeker-verskynings0/13
Wêreldbeker-
kwalifiserings
10 (eerste in 1979)
Beste uitslag3de plek (in 1982)
Kampioenetrofee-verskynings0/9
Twintig20s
Eerste T20It Vlag van Ierland Ierland op Stormont, Belfast; 15 Julie 2015
Laaste T20It Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland op Brian Lara-krieketakademie, San Fernando; 17 Junie 2024
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[4]6535/29 (53,84%)
(0 gelykop, 1 onbeslis)
Vanjaar[5]124/8
(0 gelykop, 0 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings2/9 (eerste in 2021)
Beste uitslagEerste rondte (in 2021 en 2024)
T20I-wêreldbeker-
kwalifiserings
6 (eerste in 2012)
Beste uitslagWenner (in 2023)
T20I-klere

Die Papoea-Nieu-Guinese nasionale krieketspan (Engels: Papua New Guinea national cricket team), met die bynaam Barramundis, is die nasionale krieketspan wat Papoea-Nieu-Guinee in internasionale krieket verteenwoordig. Hulle word bestuur deur Krieket PNG (CPNG, van Engels: Cricket PNG) en het in 1973 ’n geassosieerde lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword.[6][7] Ná hul vierde plek tydens die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2014 is aan Papoea-Nieu-Guinee EDI-status toegeken.[8] In Maart 2018 was Papoea-Nieu-Guinee beide sy EDI- en T20I-status kwyt, nadat hulle in die uitspeelwedstryd van die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2018 deur Nepal verslaan is, waardeur hul opponent op sy beurt EDI- en T20I-status ontvang het.[9] Op 26 April 2019 het Papoea-Nieu-Guinee in die eindstryd van die Wêreldkrieketliga se afdeling twee Oman verslaan en sodoende in die vierde plek geëindig en hul EDI-status herwin.[10]

Papoea-Nieu-Guinee is die sterkste span sonder toetsstatus in die IKR Oos-Asië-Pasifiek-streek en hulle het die meeste plaaslike IKR-toernooie gewen en beskik oor ’n soortgelyke rekord in die Stille Oseaan-spele se kriekettoernooi.[7][11] Die span het ook aan elke Krieketwêreldbekerkwalifisering (voorheen die IKR-trofee genoem) deelgeneem, maar kon nie vir ’n krieketwêreldbekertoernooi kwalifiseer nie.[12] Papoea-Nieu-Guinee hou die wêreldrekord vir die hoogste telling in ’n EDI-wedstryd, nadat hulle in 2007 572/7 teen Nieu-Kaledonië aangeteken het.[13]

In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat Papoea-Nieu-Guinee ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word.[14] Papoea-Nieu-Guinee is tans (Junie 2024) 20ste op die Twintig20-wêreldranglys.[15]

  1. (en) "ICC Rankings". Internasionale Krieketraad.
  2. (en) "ODI matches – Team records". ESPNcricinfo.
  3. (en) "ODI matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  4. (en) "T20I matches – Team records". ESPNcricinfo.
  5. (en) "T20I matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  6. (en) "Papua New Guinea". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 September 2018. Besoek op 2 September 2018.
  7. 7,0 7,1 (en) Roy Morgan (2007). Encyclopedia of world cricket. Cheltenham: SportsBooks. ISBN 978-1-899807-51-2. OCLC 84998953.
  8. (en) "Scotland and UAE battle lock horns in final of ICC CWCQ 2014". Internasionale Krieketraad. 31 Januarie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Januarie 2014. Besoek op 31 Januarie 2014.
  9. (en) "Nepal claim ODI status for the first time". ESPNcricinfo. 15 Maart 2018. Besoek op 18 Junie 2024.
  10. (en) "Papua New Guinea secure top-four finish on dramatic final day". Internasionale Krieketraad. 26 April 2019. Besoek op 18 Junie 2024.
  11. (en) "XIII South Pacific Games 2007". Cricket Europe. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Junie 2012. Besoek op 14 Junie 2012.
  12. (en) "List of Matches for Papua New Guinea in ICC Trophy Matches". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Maart 2020. Besoek op 2 Maart 2020.
  13. (en) Andrew Nixon (1 September 2007). "Papua New Guinea run riot". Cricket Europe. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 3 Maart 2016.
  14. (en) "All T20 matches between ICC members to get international status". Internasionale Krieketraad. 26 April 2018. Besoek op 18 Junie 2024.
  15. (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 12 Junie 2024. Besoek op 18 Junie 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search