Parador

Parador de Cardona, Katalonië
Die patio in die historiese Parador van Carmona
Parador-hotel in die Pineta-vallei, Pireneë

Paradores de Turismo de España is 'n Spaanse luukse hotelgroep wat in 1928 deur koning Alfonso XIII van Spanje gestig is om plaaslike toerisme te bevorder. Die eerste Parador-hotel is in dieselfde jaar in die Sierra de Gredos in die provinsie Ávila geopen.

Die Paradores-groep is 'n winsgewende staatsbeheerde onderneming, en baie van hotelle met drie tot vyf sterre is in kastele, paleise, forte, konvente, kloosters en ander historiese geboue gevestig. Tans is daar 94 Paradores met altesaam sowat 10 000 beddens, onder meer in Galicië (Noordwes-Spanje), Katalonië, Andalusië (Suid-Spanje), op die Kanariese Eilande en in die Spaanse enklawes in die noordweste van Marokko. Die hotelgroep het 'n personeel van sowat 3 500.[1]

Die Paradores se Portugese eweknie, die Pousadas de Portugal, is volgens die Spaanse voorbeeld in 1942 gestig.

  1. www.parador.es: Paradores in numbers. Besoek op 15 Maart 2017

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search