Paralimpiese Somerspele 1960

Ie Paralimpiese Somerspele
Paralimpiesespele van 1960

Gehou in Rome, Italië
Deelnemende lande 23
Deelnemende atlete 209 (164 mans, 45 vroue)
Items 113 in 8 sporte
Openingseremonie 18 September 1960
Sluitingseremonie 25 September 1960
Amptelik geopen deur Camillo Giardina
Atlete-eed (sedert 2012)
Beampte-eed (sedert 2008)
Olimpiese vlam (sedert 1992)
Vorige Spele :
Volgende Spele 1964: Tokio (Japan)

Die Paralimpiese Somerspele 1960 (Italiaans: I Giochi Paralimpici Estivi), destyds bekend as die 9de jaarlikse Internasionale Stoke Mandeville Spele, is tussen 18 en 25 September 1960 in Rome, Italië, aangebied. Tydens die geleentheid het 209 atlete uit 23 nasies aan 113 items in 8 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1]

Dit was die eerste Paralimpiese Spele wat aangebied is en die eerste wat by dieselfde plek aangebied is as die Olimpiese Somerspele. Die naam "Paralimpiese Spele" is deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in 1984 aanvaar, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is.

Sover bekend het Suid-Afrika nie aan die Spele deelgeneem nie, maar was wel op die volgende Paralimpiese Spele in 1964 verteenwoordig.

Die Olimpiese Somerspele 1960 is tussen 15 Augustus en 11 September in Rome gehou.

  1. (en) "IPC Historical Results Archive". Internasionale Paralimpiese Komitee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Maart 2018. Besoek op 22 Januarie 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search