Paralimpiese Somerspele 1964

IIe Paralimpiese Somerspele
Paralimpiesespele van 1964

Gehou in Tokio, Japan
Deelnemende lande 20
Deelnemende atlete 236 (165 mans, 71 vroue)
Items 143 in 9 sporte
Openingseremonie 8 November 1964
Sluitingseremonie 12 November 1964
Amptelik geopen deur Yoshiaki Kasai
Atlete-eed Shigeo Aono
Beampte-eed (sedert 2008)
Olimpiese vlam (sedert 1992)
Vorige Spele 1960: Rome (Italië)
Volgende Spele 1968: Tel Aviv (Israel)

Die Paralimpiese Somerspele 1964 (Japannees: 第二回パラリンピック夏季競技大会 Dai Ni-kai Pararinpikku Kyōgi Taikai), destyds bekend as die 13de jaarlikse Internasionale Stoke Mandeville Spele,[1] is tussen 8 en 12 November 1964 in Tokio, Japan, aangebied. Tydens die geleentheid het sowat 236 atlete uit 20 nasies aan 143 items in 9 verskillende sportsoorte deelgeneem.[2]

Dit was die tweede Paralimpiese Spele wat aangebied is en tot die Paralimpiese Somerspele van 1988 die laaste wat by dieselfde plek aangebied is as die Olimpiese Somerspele. Die naam "Paralimpiese Spele" is deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in 1984 aanvaar, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is.

Sover bekend was hierdie die eerste Paralimpiese Spele waaraan Suid-Afrika deelgeneem het. Suid-Afrika behaal 'n 6de plek met 19 medaljes. Hiervan was 8 goud, 8 silwer en 3 brons medaljes.

Die Olimpiese Somerspele 1964 is tussen 10 en 24 Oktober in Tokio gehou.

  1. (en) "The Thirteenth International Stoke Mandeville Games for The Paralysed". dinf.ne.jp. 17 Maart 1999. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2019. Besoek op 2 September 2016.
  2. (en) "IPC Historical Results Archive". Internasionale Paralimpiese Komitee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Maart 2018. Besoek op 22 Januarie 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search