Paralimpiese Somerspele 1976

Ve Paralimpiese Somerspele
Paralimpiesespele van 1976

Gehou in Toronto, Kanada
Deelnemende lande 40
Deelnemende atlete 1 271 (999 mans, 271 vroue)
Items 448 in 13 sporte
Openingseremonie 4 Augustus 1976
Sluitingseremonie 12 Augustus 1976
Amptelik geopen deur Pauline Mills McGibbon
Luitenant-Goewerneur van Ontario
Atlete-eed (sedert 2012)
Beampte-eed (sedert 2008)
Olimpiese vlam (sedert 1992)
Vorige Spele 1972: Heidelberg (Wes-Duitsland)
Volgende Spele 1980: Arnhem (Nederland)

Die Paralimpiese Somerspele 1976 (Engels: 1976 Summer Paralympics, Frans: Les Ve Paralympiques d'été), destyds bekend as die Torontolympiad – 1976 Olimpiade vir Liggaamlik Gestremdes, is tussen 4 en 12 Augustus 1976 in Toronto, Kanada, aangebied. Tydens die geleentheid het 1 271 atlete uit 40 nasies aan 448 items in 13 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1]

Dit was die vyfde Paralimpiese Spele wat aangebied is. Die naam "Paralimpiese Spele" is deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in 1984 aanvaar, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is.

Suid-Afrika helaal die negentiende plek met 'n totaal van 26 medaljes (ses goud, nege silwer en elf brons).

Die Olimpiese Somerspele 1976 is tussen 17 Julie en 1 Augustus in Montreal gehou. Die Paralimpiese Winterspele 1976 is in Örnsköldsvik, Swede, aangebied.

  1. "IPC Historical Results Archive" (in Engels). Internasionale Paralimpiese Komitee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Maart 2018. Besoek op 22 Januarie 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search