Paralimpiese Somerspele 1984

VIIe Paralimpiese Somerspele
Paralimpiesespele van 1984

Gehou in New York, VSA
Stoke Mandeville, VK
Deelnemende lande 45 (VSA)
41 (VK)
Deelnemende atlete 1 800 (VSA)
1 100 (VK)
Items ~300 in 15 sporte (VSA)
603 in 10 sporte (VK)
Openingseremonie 17 Junie (VSA)
22 Julie (VK)
Sluitingseremonie 30 Junie (VSA)
1 Augustus (VK)
Amptelik geopen deur President Ronald Reagan (VSA)
Prins Charles (VK)
Atlete-eed (sedert 2012)
Beampte-eed (sedert 2008)
Olimpiese vlam (sedert 1992)
Vorige Spele 1980: Arnhem (Nederland)
Volgende Spele 1988: Seoel (Suid-Korea)

Die Paralimpiese Somerspele 1984 (Engels: 1984 Summer Paralympics), destyds bekend as die Internasionale Spele vir Gestremdes, vir atlete met breinverlamming, gesigsgestremde atlete, atlete met amputasies en les autres is tussen 17 en 30 Junie in New York Stad, Verenigde State, gehou, terwyl dié vir rolstoelatlete tussen 22 Julie en 1 Augustus in Stoke Mandeville, Verenigde Koninkryk, gehou is. Tydens die geleentheid in die VSA het 1 800 atlete uit 45 nasies aan sowat 300 items in 15 verskillende sportsoorte deelgeneem, terwyl tydens die geleentheid in die VK 1 100 atlete uit 41 nasies aan 603 items in 10 verskillende sportsoorte deelgeneem het.[1]

Dit was die sewende Paralimpiese Somerspele wat aangebied is. Die naam "Paralimpiese Spele" is deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in 1984 aanvaar, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is.

Suid-Afrika het nie aan die Paralimpiese Spele deelgeneem nie.

Die Olimpiese Somerspele 1984 is tussen 28 Julie en 12 Augustus in Los Angeles gehou. Die Paralimpiese Winterspele 1984 is in Innsbruck, Oostenryk, aangebied.

  1. (en) "IPC Historical Results Archive". Internasionale Paralimpiese Komitee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Maart 2018. Besoek op 22 Januarie 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search