Paralimpiese Winterspele 2022

XIIIe Paralimpiese Winterspele
Paralimpiesespele van 2022

Gehou in Beijing, China
Deelnemende lande 46 Nasionale Paralimpiese Komitees
Deelnemende atlete 564
Items 78 in 6 sporte
Openingseremonie 4 Maart 2022
Sluitingseremonie 13 Maart 2022
Amptelik geopen deur President Xi Jinping
Atlete-eed
Beampte-eed
Olimpiese vlam Li Duan
Vorige Spele 2018: Pyeongchang (Suid-Korea)
Volgende Spele 2026: Milaan/Cortina d'Ampezzo (Italië)

Die Paralimpiese Winterspele 2022 (Chinees: 2022年冬季残疾人奥林匹克运动会; pinyin: 2022 Nián Dōngjì Cánjí Rén Àolínpǐkè Yùndònghuì) is tussen 4 en 13 Maart 2022 in Beijing, Volksrepubliek China, aangebied.[1] Dit was die 13de Paralimpiese Winterspele wat aangebied is en ná die Paralimpiese Somerspele 2008 die tweede Paralimpiese Spele in die Chinese hoofstad Beijing.

Die Nasionale Stadion van Beijing

Beijing het daarmee die eerste stad geword wat beide die Paralimpiese Somerspele en Winterspele gehou het. Verder was dit ná Pyeongchang (2018) en Tokio (2020) die derde agtereenvolgende Paralimpiese Spele in 'n Asiatiese stad. Daarbenewens het Beijing ná Nagano (1998) en Pyeongchang (2018) die derde Asiatiese stad geword waar Paralimpiese Winterspele gehou is.

Die opening- en sluitingseremonies het in die Beijing Nasionale Stadion, ook bekend as "voëlnes", plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland eerste en die gasheer die Volksrepubliek China laaste, maar aangesien die plaaslike taal Mandaryns is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Nes die Olimpiese Somerspele 2020 ses maande voorheen, wat weens die wêreldwye Covid-19-pandemie vir een jaar uitgestel is, het dit sonder enige toeskouers plaasgevind. Die spanne van Azerbeidjan, Israel en Puerto Rico het vir die eerste keer aan Paralimpiese Winterspele deelgeneem.[2] Suid-Afrika het nie aan hierdie Paralimpiese Winterspele deelgeneem nie. Beide Russiese en Belarussiese atlete is weens die Russiese inval in Oekraïne een dag voor die openingseremonie van die Paralimpiese Winterspele 2022 uitgesluit.[3]

Die Olimpiese Winterspele 2022 is tussen 4 en 20 Februarie (in die maand net voor die Paralimpiese Winterspele) ook in Beijing gehou.

  1. (en) "IPC Historical Results Archive". Internasionale Paralimpiese Komitee. Besoek op 27 Junie 2019.
  2. (en) "Echoes of 2008 to be heard at Beijing 2022". Internasionale Paralimpiese Komitee. 4 Maart 2022. Besoek op 14 Maart 2022.
  3. (en) Michael Houston (3 Maart 2022). "Athletes from Russia and Belarus banned from competing at Beijing 2022 Paralympics". Inside the Games. Besoek op 14 Maart 2022.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search