Parallelle poort

By rekenaars is 'n parallelle poort 'n soort fisiese koppelvlak wat saam met 'n kabel gebruik word om randtoerusting met die rekenaar te verbind. Binêre inligting word op 'n parallelle manier in 'n parallelle poort oorgedra: elke bis in 'n besondere waarde word tergelykertyd saam met die ander bisse as 'n elektriese puls oor 'n afsonderlike draad versend in teenstelling met 'n serie-poort, waar die databisse opeenvolgend oor 'n enkele draad gestuur word. Die aantal drade en die soort hegstuk op parallelle poorte kan verskil.

'n Parallelle poort aan die agterkant van 'n Compaq N150 skootrekenaar.

Die USB-koppelvlak het die parallelle poort grootliks vervang en deesdae word die meeste drukkers met 'n USB-verbinding gekoppel en word soms nie eens met 'n parallelle poort voorsien nie. Op baie moderne rekenaars word die parallelle poort ook uitgelaat om kostes te bespaar.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search