Parlement

Gebou van die Parlement in Kaapstad, setel van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies.
Die Knesset van Israel.
Setel van die Britse parlement in die Paleis van Westminster, Westminster, Londen.

'n Parlement is die hoogste verkose beraadslaende orgaan van 'n demokratiese regstaat. Dit bestaan uit verkose verteenwoordigers van die volk, wat 'n essensiële rol in die totstandkoming van wetgewende akte speel, en in sy totaliteit of in sy onderdele kontrole oor die staat se uitvoerende mag uitoefen. Die naam is afgelei van die Franse parler, wat "om te praat" beteken; 'n parlement is dus 'n gesprek of bespreking, 'n vergadering waar mense sake bespreek. 'n Volksverteenwoordiging het slegs 'n parlement in 'n parlementêre stelsel, die teenhanger in 'n presidensiële stelsel word 'n kongres genoem.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search