Parmenides

Parmenides
Gebore ca. 515 v.C.[1]
Elea, Magna Graecia
Vakgebied Metafisika, Ontologie
Bekend vir "Gedagte en wese is dieselfde"[2]
Die waarheid-voorkoms onderskeid
Beïnvloed deur Pythagoras, Xenophanes, Herakleitos
Invloed op Zenon van Elea, Melissus van Samos, Sokrates, Plato, Aristoteles, Baruch Spinoza, Friedrich Nietzsche, Martin Heidegger

Parmenides van Elea (Grieks: Παρμενίδης ὁ Ἐλεάτης) (Elea, rondom 515 v.C.) was 'n Griekse filosoof wie as 'n pre-Sokrates filosoof gereken word. Hy stel waarheid en weet teenoor mening en voorstelling. Die denke van Parmenides het gefragmenteerd oorleef, veral danksy latere skrywers wat hom aanhaal. Dit word aanvaar dat Parmenides moontlik 'n leerling was van Xenophanes. Sy filosofie behels in teenstelling tot die van sy voorgangers, nie soseer 'n kosmogonie of 'n teorie oor die ontstaan van die werklikheid nie, maar 'n ontologie.

  1. Curd, Patricia (2011). A Presocratics Reader. Selected Fragments and Testimonia (2nd uitg.). Indianapolis/Cambridge: Hackett Publishing. pp. 53–63. ISBN 978-1603843058.
  2. DK fragment B 6: "χρὴ τὸ λέγειν τε νοεῖν τ᾿ ἐὸν ἔμμεναι"; cf. DK B 3 "τὸ γὰρ αὐτὸ νοεῖν ἐστίν τε καὶ εἶναι [It is the same thing that can be thought and that can be]."

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search