Passer (sterrebeeld)

Passer
Latynse naam Circinus
Genitief Circini
Afkorting Cir
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 15h
Deklinasie -60º
Grootte 93 vk. grade (85ste)
Kwadrant SQ3
Besonderhede
Hoofsterre 3
Helderste ster Alpha Circini
Naaste ster Alpha Circini
Sterre helderder as 3 m 0
Sterre met planete 2
Messier-voorwerpe 0
Bayer-/Flamsteed-sterre 9
Meteoorreëns Alpha Circiniede
Aangrensende sterrebeelde
Sentour, Vlieg, Paradysvoël, Suidelike Driehoek, Winkelhaak, Wolf
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Passer (Latyn: Circinus) is ’n klein, dowwe sterrebeeld aan die suidelike hemelruim. Dit is in 1756 deur die Franse sterrekundige Nicolas-Louis de Lacaille geskep en is na die instrument passer genoem; De Lacaille se belangstelling in wetenskap het meegebring dat hy die sterrebeelde wat hy geskep het, na wetenskaplike instrumente genoem het.

Die Passer is net suid van 30°N te sien. Sy helderste ster is Alpha Circini, ’n effens veranderlike ster met ’n skynbare magnitude van 3,19. AX Circini is ’n Cepheïed-veranderlike wat met die blote oog gesien kan word en BX Circini is ’n dowwe ster wat vermoedelik uit die samesmelting van twee witdwerge ontstaan het. Twee sontipe sterre het planeetstelsels: HD 134060 het twee klein planete en HD 129445 het ’n Jupiter-agtige planeet. Die supernova SN 185 het in 185 n.C. in die Passer voorgekom en is deur Chinese waarnemers aangeteken. Twee novas is meer onlangs, in die 20ste eeu, waargeneem.

Die Melkweg loop deur die sterrebeeld, wat prominente voorwerpe bevat soos die oop sterreswerm NGC 5823 en die planetêre newel NGC 5315. Dit het ook ’n spiraalsterrestelsel, die Circinus-sterrestelsel, wat in 1977 ontdek is en die naaste Seyfert-sterrestelsel aan die Melkweg is. Die meteoorreën Alpha Circiniede, wat ook in 1977 ontdek is, straal van dié sterrebeeld uit.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search